Lianie May het die land in 2008 bekoor met haar weghol treffer-album ‘Vergeet my nie’. Van daar het die boeremeisie van Oranjeville in die Vrystaat diep in die Suid-Afrikaanse publiek se harte ingekruip. Met vele albums, multi-toekennings en ‘n film agter die blad, is Lianie May nie net ‘n huishoudelike naam nie- maar is sy hier om te bly.

Lianie was in 2006 raakgesien en geteken deur die talentvolle musikale genies, Sean Else en Johan Vorster. Van daar het Lianie se harde werk, determinasie en nederige persoonlikheid haar van krag tot krag laat gaan, en is sy vandag een van die land se top vroulike kunstenaars.

Lianie gebore 2 Augustus 1976 te Sasolburg, woonagtig in Pretoria – is steeds SAse liefling sangeres.

Dis nie net Lianie se unieke stem wat haar laat uitstaan nie, maar sy her ook bewys dat sy heel gemaklik agter die pen en skryfproses van treffers kan inklim. “Dit is lekker om te skryf, ek en Barry skryf gewoonlik saam,” vertel Lianie.

Lianie en Jay se nuwe duet album word binnekort verwag en dit beloof om weer ’n album te wees wat die aanhangers gaan wegblaas met tong-in-die-kies liedere.

Lianie se persoonlikheid, op-en-van-die-verhoog af, maak haar een van ons land se lieflinge. Haar passie vir sang en mense skemer duidelik deur en haar vermoë om elke mens spesiaal te laat voel is onvermydelik. Sy is nie verniet een van ons land se supersterre nie, maar verdien die titel in al sy glorie.

Lianie May is terug om weer op elke verhoog in Afrika op te tree.

Lianie May gaan weer terug na die mense toe. “Ek glo dit is belangrik om na die mense toe te gaan, die mense wat my gehelp het om te kom waar ek is vandag. Ek wil weer vir hulle optree en harte aanraak met my sang,” verklap sy met ’n sprankel in haar oog.

Toekenings

  • 2009 Tempo Toekenning vir Beste Nuweling gewen
  • 2009 Tempo Pop Album van die Jaar
  • 2009 Vonk Toekenning Beste Nuweling
  • 2009 Vonk Toekenning Beste MusiekVideo met Jy soen my nie meer nie
  • 2009 Elite Melody SA Country Award vir Country Nuweling van die Jaar
  • 2009 MK toekenning 2009 – Beste solo liedjie vir Soen my nie meer nie
  • 2009 SAMA toekenning 2009 – Top verkoper van die jaar vir die album Vergeet my nie
  • 2009 DKNT (No 1 album van die jaar)
  • 2010 Tempo Toekenning vir Musiekvideo van die jaar vir Toe stop my hart (met Jay)
  • 2011 Die Fliek – Platteland – vroulike hoofrol, rol verdeling… Steve Hofmeyr, Bok van Blerk en Jay, Karlien van Jaarsveld, Vaughn Gardner, wat goed ontvang is deur die publiek
  • 2011 VAMT Toekenning – Lank lewe die liefde – Goud verkope (20 000 verkope)
  • 2012 CA (Coleske Artists) Platinum verkope – Bonnie & Clyde duet album (Jay & Lianie May)
  • 2012 Tempo Toekenning vir Musiekvideo van die jaar vir Lank lewe die liefde (met Jay)
  • 2013 Radio Overvaal – Pleister vir my hart No 1 Liedjie van die Jaar
  • 2013 Radio 90.6 VCR – Pleister vir my hart No 1 Liedjie van die Jaar
  • 2013 Radio 90.6 VCR – Bonnie & Clyde – duet liedjie toekenning
  • 2013 Lank lewe die liefde (Solo album) verkope van 40 000 (Platinum)
  • 2013 CA (Coleske Artists} Dubbel platinum verkope (80 000) – Bonnie & Clyde duet album album (Jay & Lianie May)
  • 2015 GHOEMA AWARDS – Gewildste liedtjie van die Jaar – Naweeklyfie (Lianie May & Jay)
  • 2014 Radio 90.6 VCR Top 20 Liedtjies van die Jaar – Naweeklyfie met Jay
  • 2014 Radio 90.6 VCR Top 20 Liedtjies van die Jaar – Kry jour y
  • 2015 CA (Coleske Artists/ Johanvorstersongs) Dubbel platinum verkope (80 000)
  • – Bonnie & Clyde duet album album (Jay & Lianie May)