Lianie se liedjies is te koop slegs op die Afrikaans is Groot App

Android
Apple
Jay-&-Lianie-Vir-Liefde-Cover-2

SA se gunsteling duet-paar se lang verwagte duet album slaan die rakke in Maart 2016. Die album word verwag om een van die grootste albums nog te wees met treffers soos “Vir liefde, Da vat hy, Bermuda, Hartjie van die Vrystaat, Ek is omdat ons is, Wilde Weste, Die goeie oue tyd, Ons is, Klip in die bos, Praat jou hart uit, Ons trek Londen” toe en 3 Engelse treffers uit die 70’s en 80’s.

Met die album gaan die duet paar weer die land toer en gehore in en om SA vermaak met hulle immergewilde ou-en-nuwe treffers.

Vergeet-my-nie
Die eerste enkelsnit van die album, die hartroerende titel snit,VERGEET MY NIE, wat die hartseer en pyn deel van wanneer ‘n mens ‘n geliefde verloor. SEAN ELSE (wat DE LE REY se musiek video geskiet het) het ‘n treffende video opgeneem vir die lied. Die res van die album is gevul met treffers van alle soort liedjies van wat die tone laat wikkel soos; BOEREVRY, BEL, BEL, BEL, EK KOM HUIS TOE – tot liedjies wat die hartsnare roer soos; JY SOEN MY NIE MEER NIE, LOS MY NIE ALLEEN NIE, VROU STAAN BY HAAR MAN, SOMERRëEN – selfs liedjies met so bietjie nostalgie soos; TOE ‘N TWEE RAND NOG ‘N TWEE RAND WAS. Daar is ook twee DOLLY PARTON treffers op wat die mense sal terug neem na ‘n ander tyd en plek, en natuurlik is daar ‘n vuurwarm BELINDA CARLISLE MEDLEY en ‘n kragtige treffer van die groep HEART…WILL YOU BE THERE IN THE MORNING. LIANIE M
AY se musiek herriner mens baie aan SHANIA TWAIN en DOLLY PARTON. Dis gevul met pragtige sterk melodië, vleiende harmonieë wat gedryf word deur stewige lewendige kitare en instrumente. Dis ‘n CD wat jy opsit en deur luister tot die einde…en dan maar weer en weer herhaal!
Kersvees-Met-Lianie
Nou gee sy ‘n geskenk van Kersfees herrineringe terug met haar Kersfees album “Kersfees met Lianie”. Met verkope meer as 40000 (platinum) En die grootste geskenk op die album is twee splinternuwe Afrikaanse kersfees treffers uit die pen van Johan Vorster en Sean Else Afrikaanse kersfees treffers wat Lianie se album ‘n jaarlikse tradisie gaan maak! Die album is ook propvol tradisionele kersfees liedjies en ander bekendes soos; Mary’s Boy Child, Feliz Navidad, Rivers of Babylon (Boney M), Last Christmas I gave you my heart (Wham!), Chiquitita, Happy New Year, I have a dream (ABBA), Stille Nag, Drummer Boy en nog vele meer!
Boeremeisie

Lianie May se langverwagte nuwe album slaan die rakke en oortref alle verwagtinge. Lianie se vorige album was `n wegholsukses en het die Sama-toekenning gewen in die gesogte kategorie TOPVERKOPER VAN DIE JAAR. Die album volg warm in die voetspore van die country/pop-genre waarin hierdie talentvolle sangeres haar debuut op VERGEET MY NIE (waarvan meer as 120 000 eenhede verkoop is), gemaak het. Die nuwe album is weer propvol liedjies wat besliste treffers gaan wees!

Die suksesvolle liedjieskrywers Johan Vorster, Sean Else, Rencha Vorster, Dewald Wasserfall asook Lianie self het ‘n groot verskeidenheid treffers vir die album geskep. Die treffer op die album kom uit die pen van Johan en Rencha Vorster wat ook vir JY SOEN MY NIE MEER NIE verantwoordelik was. In dié liedjie span Lianie haar reuse talent saam met die ongelooflike sangtalent van Jay (Eden) om een van die grootste duette nog in Afrikaans te sing – TOE STOP MY HART.

Maar die treffers stop beslis nie daar nie. Die album is gevul met `n hele paar groot liedjies met volwasse en emosionele lirieke en sielvolle ballades soos SKOOLJARE, ‘N ENGEL HUIL, DIE MAN WAT BY MY STAAN, PAD NA JOU HART tot wikkel-vastrap ritmes en saamsingliedjies soos WIE NIE WAAG NIE, HONEY, HONEY, BOEREMEISIE, DIE EEN WAT JY WIL Hê, DANS MET MY BABY, STAAN ‘N BIETJIE NADER, 1,2,3 en vele meer.

Daar is ook ‘n lied met ‘n sterk positiewe boodskap uit die pen van Vaughan Gardiner en Sean Else, LAAT GOD DIE WêRELD WAS, asook ‘n ou F.A.K.- treffer met ‘n nuwe baadjie – BOEREPLAAS, ’n duet saam met ‘n splinternuwe stem in Afrikaanse musiek, Micheal Lindt.

`n Indrukwekkende video van die eerste enkelsnit, SKOOLJARE, is reeds deur Sean Else van Mozi Films geskiet. Sean was ook onder andere verantwoordelik vir die treffervideo’s JY SOEN MY NIE MEER NIE (Lianie May), DE LA REY (Bok van Blerk) en TYD OM TE TREK (Bok van Blerk). Die video is saam met die treffer TOE STOP MY HART op ‘n bonus-skyf geplaas wat saam met BOEREMEISIE versprei sal word. Elke persoon sal die nostalgie en hartseer van hulle eie skooljare daarin herken.

BOEREMEISIE gaan sonder twyfel Lianie se reputasie as een van die grootste name in Suid-Afrikaanse musiek bevestig!

Boeremeisie het platinum status bereik, danksy die lojale ondersteuning van ondersteuners.

Lank-Lewe-Die-Liefde

Lianie May is ‘n wel bekende naam in die musiekbedryf, wat geen verbasing is met haar ongelooflike stem en persoonlikheid nie. Lianie spog met 2 multi- platinum (80 000 verkope) albums onder andere: Vergeet my nie en  Boeremeisie en `n Kers album (Kersfees met Lianie May met 40 000 verkope (platinum) op die rake, en het 2011 haar 3de een vrygestel. Haar 4de album ‘LANK LEWE DIE LIEFDE’ is ‘n moet hê album vir almal en het reeds platinum status bereik (40 000 verkope). Die album sluit liedjies in soos: Pleister vir my hart (uit fliek Platteland), Tennesse Waltz, Saam is ons beter, Bek hou kop hou en duette met Jay, Lank lewe die liefde, Call my name, In a  moment like this en Lay down beside me. Pleister vir my hart was 2012 die No 1 Liedjie van die jaar by Radio Overvaal en Radio VCR 90.6 (Vaaldriehoek)

Bon

2012 stel Lianie May en Jay hul eerste duet album vry op groot aanvraag getiteld Bonnie & Clyde wat tot op hede dubbel platinum status bereik het.(80 000 verkope)

Die album sluit in treffers soos: Bonnie & Clyde, As jy sing, Rug teen die muur, Lank lewe die liefde, Toe stop my hart, In amoment like this, Lay down beside me en ou goue treffers soos We belong, Head over Heels, Don’t you wanna stay, One last kiss, Country strong, Alone en Call my name…

Bonnie & Clyde video: Slegs op Afrikaans is Groot Vol 5 beskikbaar

Platteland

Lynné 2011 vertolk Lianie May die hoofrol as Riana van Niekerk in Platteland teenoor Steve Hofmeyr, Bok van Blerk en Jay, Karlien van Jaarsveld en Vaughn Gardiner – die fliek wat wat wel ontvang is deur die publiek is geskryf, saamgestel en geregiseur deur Sean Else.

Naweeklyfie

Teen die tyd weet almal dat die sangduo Lianie May en Jay weer vokale kragte saamgespan het op “NaweekLyfie,”- een van die jaar se grootste danstreffers.

Na verkope van 80 000 eenhede met hul “Bonnie & Clyde” duet-album, was dit duidelik bewonderaars het ‘n aptyt gehad vir meer. Juis daarom is Lianie so opgewonde oor die nuwe liedjie wat klaar as nog ‘n juweel uit die pen van Johan Vorster en Christoph Kotze beskryf word. Die eerste treffer is dan ook die titel van die album, maar Lianie beloof dat dit gevul sal wees met treffers wat tot die hart, die kop en die voete sal spreek.

Die video van “NaweekLyfie” het aanhangers betower met ‘n tong-in-die-kies benadering wat verras en nuwe standaarde stel in terme van hoe Afrikaanse musiekvideos deur die breë publiek gesien sal word.

Met lirieke wat speels verwys na hoe opstandig Jay se liggaam raak en Lianie wat sagte fluisterings in haar oor wil hoor, speel die video af in die antieke mynersdorpie in Kimberley. Met spesiale vergunning van De Beers, het Lianie, Jay en die produksiespan die geskiedkundige agtergrond met moderne sweempies humor inkleur. ‘n Lekker bonus vir almal wat die nuwe CD gaan aanskaf is die feit dat die video van “NaweekLyfie” ook op die CD beskikbaar gaan wees.

In 2013 het Lianie op almal se lippe gebly te danke aan die Afrikaans is Groot vertonings in Pretoria en Kaapstad wat deur 70 000 mense bygewoon is. Sy het ook ‘n duet opgeneem saam met die internasionale sanger Patrizio Buane en toekennings ontvang vanaf verskeie radiostasies vir “Bonnie & Clyde” en “Pleister vir my hart.”

Daar is ook drie internasionale Engelse treffers ingesluit waarop Lianie haar eie unieke stempel afdruk.